Hierdie handleiding is op datum met die inhoud van die program soos op 31 Desember 2022.
Werkers wat u aandag vereis
Die skerm hierbo is ‘n voorbeeld van ‘n “waarskuwingsboodskap” wat u kan kry met die oopmaak van AfriKlok. Die doel van hierdie boodskap is om werkers wat u aandag vereis, uit te lig. Die werkers se name sal as gevolg van een van die volgende redes uitgelig word:
1. Die werker het:
Geen klokbewegings, bywoningsrekords of betaalstrokies vir ‘n periode van drie maande gehad nie;
Geen rekord met betrekking tot die gebruik van diesel oor ‘n periode van drie maande gehad nie
2. Die werker se woon-permit het verval;
3. Die werker se werkskontrak is verstreke;
4. Die ETI status van die werker is onbekend.
Ten einde bogenoemde probleme, reg te stel, kliek op een van die opsies soos beskikbaar:
1. Beëindig die werker se dienste;
2. Ondersoek die werker. Deur die werker se profiel te ondersoek, kan u nagaan of daar nie enige vervaldatum met betrekking tot ‘n woon-permit of ‘n vervaldatum met betrekking tot ‘n werkskontrak is nie;
3. Dui aan dat die werker nog in diens is;
4. Met betrekking tot die werker se ETI status wat 'ONBEKEND' is, kan dit reggestel word deur die opsie aan die onderkant van die skerm te kies wat
lees: 'Verander ETI Status':
Dui aan of die werker 'n HUISHULP is.
Dui aan of die werker VERWANT aan die werkgewer is.
Indien die werker geeneen van die bogenoemde is, dui dit so aan.
Kliek op: Ok (Skryf data).
Die werkers se name soos wat dit aanvanklik op die “waarskuwings-lys” aangedui was, sal van die lys verwyder word soos wat die regstellings op elkeen gedoen is.