Hierdie handleiding is op datum met die inhoud van die program soos op 31 Desember 2022.
Voer uit na...
Enige skerm, wat die opsie aan die onderkant het, sal uitgevoer kan word na enige van die formate hieronder gelys.
Die verskilende lêerformate waarna die inligting uitgevoer kan word, word hierbo vertoon. Kies die toepaslike formaat wat benodig word deur die opsie te merk.
Verskeie keuses word oopgemaak per lêerformaat. Moenie aan die keuses verander sonder dat u weet waarom nie. Die standaard keuses is gewoonlik reg, so na die lêerformaat gekies is, kan u net sê 'Skryf ', en die uitvoer sal geskep word.
Die lêer sal gewoonlik op die Desktop gestoor word, tensy dit hier anders gespesifiseer word. Indien op die lêer gekliek word, sal dit opsies oopmaak waar die lêer gestoor moet word.