Afriklok Handleiding
Menu

UI-19 waardes

UI-19 waardes
Inligting benodig vir die voltooiing van UI-19 vorms verskyn hier.
11. Fisiese adres
Die fisiese adres van die maatskappy of plaas.
22. WVF-registrasienommer
Die WVF-registrasienommer verskyn hier. Dit lyk min of meer soos volg: 0123456/7 en sal op betaalstrokies en WVF-vorms gedruk word.
33. Taknommer
Voer die taknommer hier in of 'Geen' of 'Hoofkantoor' indien die besigheid uit slegs een tak bestaan.
44. Maatskappyregistrasie
Die maatskappy- of BK-registrasienommer of los die veld skoon indien 'n eenmansaak of vennootskap. Die word op die werkers se betaalstrokies vertoon.
55. Gemagtigde persoon
Die persoon wat vir die voltooiing van UI-19 opgawes verantwoordelik is.
66. UIF-19 onderteken deur
Naam van die persoon wat die UI-19 opgawes onderteken.
77. ID
Die ID-nommer van die persoon wat die UI-19 opgawes onderteken.
88. WCA-nommer
Die maatskappy se WCA-nommer moet hier bygevoeg word. Dit sal dan op die betaalstrokies verskyn.