Hierdie handleiding is op datum met die inhoud van die program soos op 31 Desember 2022.
Standaard-tydprogramme
Hier word die werkers se werksure uiteensit, met die hulp van 'n tydprogram. Daar kan 'n onbeperkte aantal tydprogramme gespesifiseer wees, maar dit is beter om ingewikkeldheid te vermy en slegs 'n paar toepaslike tydprogramme op te stel.
LET WEL: Dit is raadsaam om ons te kontak wanneer u hiermee besig is, aangesien ons baie ondervinding in hierdie verband het. Die water mag dieper wees as wat u verwag!
Hierdie is 'n lys van u standaard tydprogramme. 'n Tydprogram is slegs 'n uiteensetting van werksure. Let wel dat daar beperkings is in terme van die arbeidswet oor hoeveel ure 'n werker weekliks mag werk. U kan tye spesifiseer of 'n fleksie-tydprogram opstel waar mens vir die stelsel sê die werker moet 'n sekere aantal ure per dag werk.
Vertoon ook alle ou tydprogramme wat nie meer in gebruik is nie.
Die stelsel het die vermoë om outomaties van een tydprogram na die volgende te skuif. Volgens wet mag mens vir 4 maande meer ure vereis wat dan afgespeel word teen 4 maande se minder ure. Onder seisoenswisseling kan gesien word watter tydprogramme is opgestel as 'n seisoenswisselings-tydprogram en van watter periode dit van die een oorskuif na die ander tydprogram.
Staak verdere gebruik van die aangeduide tydprogram. Dit sal slegs gedoen kan word as geen werker tans daaraan gekoppel is nie. Indien die tydprogram weer gebruik moet word, kies die opsie 'Vertoon ou tydprogramme' soos hierbo beskryf. Merk die toepaslike tydprogram en sê 'Gebruik weer'.
Die hoeveelheid werknemers wat op 'n sekere tydprogram is word aangedui op die skerm. Dit word nie dadelik opgedateer nie. Indien daar werkers geskuif is van een tydprogram na 'n ander, en julle wil julself net nagaan, sal die 'toets weer' knoppie toets in watter tydprogram die werker is en die syfers aanpas indien nodig.