Om die nuutste sagteware te geniet moet u gereeld sagteware-opgraderings doen. Ons sal 'n epos stuur as daar 'n belangrike verandering gemaak is soos nuwe belastingtabelle of 'n verhoogde WVF-plafon of iets in daardie lyn, maar sagteware word voortdurend aan gewerk en verbeter en dus kan u ten minste elke twee maande 'n opgradering doen.
Daar is 3 opsies om die sagteware opgradering te doen:
OPSIE 1: Vanaf die Afriklok program self
1. Kies 'Sagteware opgradering' links onder in die hoek.
2. Kies die boonste opsie: 'Installeer nuutste weergawe van Afriklok'.
3. Die rekenaar sal deur die prosedure hardloop.
4. Kies 'Yes' om toe te laat dat die program veranderinge aan die rekenaar kan maak.
5. Die stappe is verder dieselfde as met 'n nuwe installasie.
OPSIE 2: Vanaf die DESKTOP (indien u reeds op die nuutste weergawe is, sal die stelsel die volgende boodskap gee):
1. Dubbelkliek op die 'icon'.
2. Die rekenaar sal deur die prosedure hardloop.
3. Kies 'Yes' om toe te laat dat die program veranderinge aan die rekenaar kan maak.
4. Die stappe is verder dieselfde as met 'n nuwe installasie.
OPSIE 3: Vanaf die webadres/internet
1. Sien die stappe wanneer 'n nuwe program geïnstalleer word.
2. Kies die 'MINIMAL install' opsie in plaas van die 'FULL install'.
3. Volg die res van die stappe.
Maak seker dat die program op die nuutste weergawe is deur die datum op die hoofskerm na te gaan.
Ander funksies wanneer die sagteware-opgradering knop gedruk word:
Om die nuutste sagteware te installeer, kies die opsie.
Maak TeamViewer oop vanaf die knop. Indien TeamViewer nie geïnstalleer is nie, kan u dit hierdeur ook installeer.
Verskillende drywer-opsies
Indien u sukkel met 'n drywer of dit vermoed, skakel ons dat ons u kan bystaan eerder as om dit self te probeer uitsorteer.
Maak die venster toe.