1. Indien dit die eerste keer is wat die sagteware op die rekenaar geïnstalleer moet word, gaan na die webadres https://www.clock.co.za.
2. Kies nommer 3. onder 'Downloads' vir die volle installasie.
Op Chrome sal die lêer wat afgelaai word, onder aan die skerm vertoon.
Op Firefox en Microsoft Edge sal die lêer wat afgelaai word, aan die regterkant van die skerm langs die webadres, onder die pyltjie gaan lê.
Die lêer sal ook onder die 'downloads' lê op u rekenaar.
3. Na die lêer afgelaai is, kliek daarop om die program te installeer.
4. Kies: 'I accept the terms in the license agreement'.
5. Kliek op 'Next'
6. Die installasie sal nou afgehandel wees.
7. Kliek op 'Finish'.