Afriklok Handleiding
Menu
  • FAQ
  • Rugsteun-probleem: Lees asseblief die hele skerm voordat u ons skakel!!!

Rugsteun-probleem: Lees asseblief die hele skerm voordat u ons skakel!!!

Rugsteun-probleem: Lees asseblief die hele skerm voordat u ons skakel!!!
Die stelsel dwing die gebruiker om gereeld rugsteune ('backups') te maak. Die skerm sal verskyn as daar meer as 30 dae terug 'n rugsteun na ons bediener ('server') gestuur en ontvang was.
11. Maak 'n rugsteun
Die proses word hier deeglik beskryf. Die rugsteune word op ons bediener gestoor en dit gee u gemoedsrus dat wanneer die rekenaar iets oorkom, ons 'n rugsteun kan aanstuur met u datastel op. Belangrik: U moet 'n ontvangserkenningsepos ontvang ter bevestiging dat die rugsteun reg by ons uitgekom het.
22. Lees toegangskode in
Indien u vir een of ander rede nie rugsteune wil of kan aanstuur nie, moet ons 'n toegangskode aan u stuur. Om 'n toegangskode te ontvang moet u 'n toegangskode-versoek vorm druk, teken en aan ons epos.
33. Druk toegangskode-versoek
Lees die toegangskode-versoekvorm DEEGLIK deur.
44. Eindig
Maak die skerm toe sonder om iets aan die rugsteun probleem te doen. Die stelsel sal u toelaat om steeds te werk tot 90 dae verby is. Dus sal die stelsel voor 90 dae oopmaak na 'Eindig' gedruk is.