Hierdie handleiding is op datum met die inhoud van die program soos op 31 Desember 2022.
Opstelling van die sagteware vir die eerste keer
1. Voltooi die Gebruikersbesonderhede onder die item: Algemeen: (Sien voorbeeld onder).
2. Kliek op: OK (Skryf) – u kan later die res invul, of, as u dit nou wil doen, kliek eers op UI-19 waardes in die geel blokkie.
3. Voltooi die Gebruikersbesonderhede onder die item: UI-19 waardes: (Sien voorbeeld onder).
4. Voltooi die Gebruikersbesonderhede onder die item: LBS/SDL-waardes: (Sien voorbeeld onder).
5. Voltooi die Gebruikersbesonderhede onder die item: Easyfile inligting: (Sien voorbeeld onder).
6. Voltooi die Gebruikersbesonderhede onder die item: Gespesifiseerde waardes: (Sien voorbeeld onder).
7. Kliek op: OK (Skryf)
8. Registrasie van u sagteware moet afgehandel word ten einde die funksionaliteit wat u aangekoop het, te aktiveer. Druk die registrasie vorm, vul in enige uitstaande inligting, teken die vorm en epos dit aan ons by office@clock.co.za:
9. Na ontvangs van die registrasievorm sal die kodes aangestuur word wat u dan in die program moet insleutel. Op die hoofskerm moet dit onder nommer 3, 'Inlees van registrasiekodes' ingelees word.
10. Maak seker die geregistreerde gebruiker is presies gespel soos ons dit aanstuur (indien die naam verkeerd is, moet u asseblief ons laat weet wat die regte spelling is sodat ons dit aan ons kant kan regstel en weer kodes aanstuur.).
11. Voer die kodes en vervaldatums in die toepaslike blokkies in.
12. Kliek op 'OK (Skryf)'.
Die verskeie modules sal dan beskikbaar wees op die program.
13. Tydprogramme moet nou opgestel word volgens die behoeftes van u besigheid. Werknemers sal dan vergoed word vir die werklike ure gewerk, teenoor die vereiste ure wat gewerk moes word. NB: Tydprogramme kan baie ingewikkeld raak. Ons het BAIE ervaring hiermee en stel voor dat u skakel vir hulp, anders is dit maklik om foute te maak.