Afriklok Handleiding
Menu
  • FAQ
  • Goeie praktyk met tydsberekening- en betaalstrokie-module

Goeie praktyk met tydsberekening- en betaalstrokie-module

 
 
Goeie praktyk met Tydsberekening-module:
 
-     Laai weekliks klokdata af en verwerk (Stap 2: Skakel klokdata om).
-     Om gereeld klokdata af te laai sal die kans verminder om data te verloor (as gevolg van ‘n probleem met klok bv. pap batterye of datum/tyd wat uit is).
-     Om klokdata gereeld te verwerk, gaan die werkslas baie ligter maak wanneer die betaalstrokies geskep moet word. Die werkers se ure/bywoning sal ook meer akkuraat wees.
-     Lees verlofrekords in soos die werkers se verlof toegestaan word of wanneer ‘n werker ‘n siekbrief werk toe bring. Hierdie kan ook gedoen word na die omskakeling van klokdata (Stap 3: Gaan klokbewegings na).
 
Goeie praktyk met Betaalstrokie-module:
 
-     Lees voorskotte in soos dit gebeur, verkieslik voordat strokies geskep word (Betaal/Voorskotte/Voorskotte / verkope / betalings).
-     As werkers betaal word volgens hulle kloktye, is dit goeie praktyk om die betaalstrokies te eindig op die laaste vol dag gewerk. Bv. Skep vandag die strokie tot gister se datum, omdat die werkers vandag nog nie uitgeklok het nie.
 
Opgawes wat ingedien moet word:
 
Maandeliks:
 
·     EMP201: Die EMP201 is ‘n betalingsverklaring waarin die werkgewer die totale maandelikse bedrag verklaar met allokerings vir LBS, SDL, WVF en/of ETI uiteengesit. Hierdie moet ingedien word na SARS voor of op die sewende van elke maand vir die vorige maand. Bv. Julie se EMP201 moet voor of op 7 Augustus ingedien word.
-     Drukstuk kan verkry word op AfriKlok program onder: Betaal/Opgawes/EMP201 vorm.
·     UI-19:  Die UI-19 is ‘n verklaring wat besonderhede oor werknemers se vergoeding/inkomste (bruto inkomste en totale ure gewerk), sowel as nuwe aanstellings en diensbeëindigings uiteensit. Hierdie moet ingedien word by die Departement van Arbeid voor of op die sewende van elke maand vir die vorige maand.
-     Drukstuk kan verkry word op AfriKlok program onder: Betaal/Opgawes/UI-19.
 
Halfjaarliks (ses-maandeliks):
 
·     EMP501: Die EMP501 is ‘n betalingsverklaring waarin die werkgewer die totale bedrag verklaar met allokerings vir LBS, SDL, WVF en/of ETI uiteengesit, oor ‘n periode van ses maande (interim periode van 1 Maart – 31 Augustus). Hierdie moet ingedien word na SARS Easyfile/eFiling elke ses maande (normaalweg oop van middel September – 31 Oktober).
-     Drukstuk kan verkry word op AfriKlok program onder: Betaal/Opgawes/EMP501 opsomming.
-     Elektroniese uitvoerlêer wat ingevoer kan word by SARS Easyfile, kan verkry word op AfriKlok program onder: Betaal/Belasting/IRP5 – Elektroniese lêer vir SARS e@syfile.
Jaarliks (twaalf-maandeliks):
 
·     EMP501: Betalingsverklaring oor twaalf maande (jaarlikse periode van 1 Maart – 28/29 Februarie). Hierdie moet ingedien word na SARS Easyfile/eFiling elke twaalf maande (normaalweg oop van 1 April – 31 Mei).
·     IRP5/IT3(a): Die IRP5/IT3(a) lê die totale verdiende besoldiging en totale aftrekkings per werknemer bloot vir die belastingjaar. Sertifikate word slegs geskep vir ‘n vol jaar 1 Maart – 28/29 Februarie.
·     W.As.8 (Opgawe van verdienste): Die doel van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (COID) is om voorsiening te maak vir vergoeding vir werkers in die geval van ongeskiktheid wat veroorsaak word deur beserings en siektes opgedoen by die werk, of die dood as gevolg van sodanige beserings en siektes; en voorsiening te maak vir die aangeleenthede wat daarmee gepaard gaan. Elke werkgewer moet een keer per jaar voor of op 31 Maart ‘n verslag van die verdienste (W.As.8) aan die Kommissaris voorlê, met die hoeveelheid verdienste (tot die limiet) wat gedurende 1 Maart - 28/29 Februarie aan die werknemers betaal is (saam met ander verpligte inligting). Hierdie moet ingedien word by die Departement van Arbeid.
-     Drukstuk(ke) kan verkry word op AfriKlok program onder: Betaal/Opgawes/W.As.8 vorm - verdienste.