To properly display this page you need a browser with JavaScript support.
Druk van verslae - opsies
Die volgende sal bo-aan die verslag wys wanneer 'n drukstuk op die program geskep word. Die drukstuk kan dan gedruk word op 'n drukker, gestoor word of per epos aangestuur word.
Full HEIGHT view
Verander die aansig van die drukstuk sodat dit oor die volle hoogte van die skerm vertoon.
First page
Gaan na die eerste bladsy wat gedruk moet word.
Next page
Gaan na die volgende bladsy van drukstukke wat gedruk moet word.
Print THIS page
Druk slegs die bladsy wat op die oomblik oop is op die skerm.
Page
Hier wys dit op watter bladsy nommer jy staan en die somtotaal van bladsye wat nou ter sprake is.
Printing options
Hier kan sekere verstellings gemaak word in terme van die drukkers, hoeveel bladsye, watter bladsye en duplikate (sien volgende bladsy).
Search for...
Soek 'n spesifieke kenwoord of frase.
Die stelsel sal die resultate as volg wys. Om vorige en volgende bladsye te vertoon wat die soekterm bevat, druk F2 en F3 onderskeidelik:
Make PDF on close
1. Kliek op die knoppie.
2. Die knoppie sal ingedruk wees:
3. Maak die verslag toe deur op een van die kruisies te druk.
4. Die drukstuk sal dan in 'n PDF 'viewer' oopmaak.
5. Stoor die drukstuk.
Full WIDTH view
Verander die aansig van die drukstuk sodat dit oor die volle breedte van die skerm vertoon.
Zoom
Maak die drukstuk se vertoon groter of kleiner. Dit verander nie die fisiese grootte van die skrif nie, maar 'zoom' op die drukstuk in of uit.
Previous page
Gaan na die vorige bladsy toe.
Last page
Gaan na die laaste bladsy wat gedruk moet word.
Copies
Hoeveel duplikate moet gedruk word?
Exit without printing
Maak die verslae toe sonder om dit te druk ('print').
Toggle Stay after Printing
Wanneer die blokkie gemerk word sal die drukstuk nie toemaak na dit na die drukker gestuur is nie.
Send mail on close
1. Kliek op die knoppie.
2. Die knoppie sal ingedruk wees:
3. Maak die verslag toe deur op een van die kruisies te druk.
4. Die epos program sal oopmaak met die drukstuk aangeheg.