Afriklok Handleiding
Menu
  • FAQ
  • Africlock Data Backup

Africlock Data Backup

 
Rugsteun data moet op 'n gereelde basis, verkieslik een keer 'n maand na betaaldag, aan Afriklok deurgestuur word. Elke keer wat u Afriklok gebruik het, en die program toemaak, sal u die keuse kry om 'n rugsteun aan Afriklok deur te stuur.   
Africlock Data Backup
Indien rugsteundata vir langer as 30 dae nie deurgestuur word nie, sal daar 'n waarskuwing op die skerm oopmaak wat 'n herinnering is om die rugsteundata deur te stuur. Indien daar vir 90 dae aaneen nie 'n rugsteun gestuur word nie, sal die stelsel geblok wees en sal niemand verder kan werk (totdat 'n nuwe rugsteun gestuur word).
 
Indien u nie rugsteun data aan Afriklok wil deurstuur nie, maar verkies om u eie rugsteun data te hou, moet die nodige Toegangskode-versoekvorm onderteken word en aan ons gestuur word waarna ons 'n jaarkode aan u sal voorsien.  Daarmee aanvaar u verantwoordelikheid vir u eie rugsteun data. Indien u in hierdie geval data sou verloor en Afriklok moet 'n her-opstelling doen, sal daar fooie aan verbonde wees om dit te doen.
11. Backup
Kies hierdie opsie indien u 'n rugsteun wil maak na 'n USB stokkie of 'n hardeskyf. Dit is steeds belangrik om dit aan ons te stuur waar dit veilig gestoor word. Indien u die backup na dieselfde rekenaar skep, sal die waarskuwingsboodskap verskyn. Die rugsteun sal steeds geskep word, maar indien die rekenaar gesteel word of ophou werk, is die rugsteun op die rekenaar van geen nut.
22. Send to Africlock via RSync
Hierdie is die voorgeskrewe keuse om rugsteune aan te stuur. Sit u eie epos adres hier in, die stelsel sal in elk geval 'n epos adres hier invul wat in die maatskappybesonderhede in die datastel verskyn. 'n Ontvangserkennings epos word na dié epos gestuur. Slegs na u die epos ontvang het, kan u gerus wees dat ons die backup ontvang het, en dat dit op ons server gestoor is.
33. Send to Africlock via FTP
Hierdie is 'n ou metode en ons verkies die RSYNC opsie. Die metode gaan weg val in die toekoms, so indien daar fout is met die RSYNC metode moet u ons asseblief kontak dat ons kan sien waar loop dit verkeerd.
44. Restore
Indien u 'n rugsteun wil teruglaai, kies dié opsie. BAIE NB: enige data wat op die rekenaar is sal oorgeskryf word!!! Maak doodseker voor u net blindelings voortgaan.
55. Teamviewer
Maak TeamViewer oop vanaf die skerm. Indien die program nog nie afgelaai is nie, sal Teamviewer eers afgelaai word voordat dit die program oopmaak.